forex.wf forex forum binary options trade

Forex news -forex broker review => African => : Africa 20, 2020, 05:56

: Ses maklike stappe na sukses.
: Africa 20, 2020, 05:56
Ses maklike stappe na sukses.
Eenvoudige stappe om jou te help om jou eie tuisgebaseerde besigheid deeltyds te begin.
Dis maklik om te vertel van die fantastiese bonusse en ander inkomste-moontlikhede in netwerk-bemarking.
Dis wanneer jy gevra word wat jy moet doen om die geld te kry dat die meeste van ons die kluts skoon kwytraak.
En dis eintlik so eenvoudig! Al wat jy hoef te sê is wat jy self doen en hoekom.
Eerstens registreer jy jou besigheid, en jy koop en gebruik elke maand jou eie produkte. Sonder dié twee stappe sou jy nie 'n sent kan verdien nie.
Om geld te verdien, kry jy iemand wat soos jy ook die inkomste wil hê (die aktiewe en passiewe inkomste plus al die bonusse ), en wat bereid is om daarvoor sy eie besigheid te registreer en elke maand sy eie produkte te koop en te gebruik.
En vir dié persoon om geld te verdien, moet hy dan ook iemand vind wat die proses wil dupliseer om die inkomste te kan verdien. En daardie persoon sal weer op sy beurt dieselfde moet doen om self inkomste te verdien.
Dis 'n eenvoudige proses as elke persoon wat 'n besigheid bou die proses toepas!
Soos jy kan sien het die laaste stap 'n element wat ek duplisering noem. Vir sukses is dié element absoluut essensieel. Om dit goed duidelik te maak,breek ek dié stap ook op in 'n paar stappe.
Dis hoekom die eenvoudige drie stappe hier in altesaam 6 stappe onderverdeel word - dis bloot sodat die belangrikheid van die laaste dupliseringsfase nie misgekyk kan word nie.
Die syfers en voorbeelde wat in die res van die artikel genoem word is gebaseer op 'n vennootskap met Sportron Internasionaal. ( Lees meer oor die redes waarom ek dié maatskappy as my vennoot gekies het .)
Die eerste 2 van die 6 stappe het te doen met die eenvoudige registrasie-proses om jou besigheid geregistreer te kry .
Jy kan dit selfs met 'n muisklik oor die internet doen by https://ockert.sportron.co.za/Login.
Op die internet selfs na middernag.
En 'n onontbeerlike deel hiervan is om vir jouself produkte aan te koop en dit te gebruik .
: Re: Ses maklike stappe na sukses.
: Africa 20, 2020, 05:56
Dit kan jy ook by oor die internet doen by http://ockert.sportron.co.za/main.aspx?ID=548 en vir jouself die moeite en die tyd spaar om as't ware "winkel" toe te moet gaan.
Vind ander wat dieselfde wil doen.
Stappe 3 tot 6 gaan oor hoe jy die besigheid uitbou en hoe jy jou dividende laat groei deur ander mense te identifiseer wat dieselfde wil doen tot hulle eie voordeel .
Net vir die rekord: jy sal nêrens in die 6 stappe sien dat jy 'n enkele produk hoef te verkoop nie. In plaas daarvan bou jy 'n netwerk van mense wat elkeen vir hulleself koop sodat hulle die baie voordele kan geniet - onder andere reuse afslagpryse, en al die finansiële en gesondheidsvoordele.
Jy doen ook geen aflewerings of verspreiding van produkte nie, tensy jy kliënte wil hê aan wie jy dié soort diens lewer vir 'n ekstra wins. Natuurlik kan jy produkte koop teen die afslagprys en dit weer vir 'n wins verkoop teen die kleinhandelprys. Maar dis nie hoe jy 'n besigheid bou in netwerkbemarking nie.
So hier is die 6 stappe:
Stap 1.
Jy registreer jou besigheid met die maatskappy van jou keuse.
Registreer jou besigheid.
Die syfers en strategieë wat ek hier noem is van toepassing op 'n vennootskap met SPORTRON Internasionaal, en in dié geval is die registrasiegeld wat jy een keer per jaar betaal R50.
Jy registreer, verkieslik met die hulp van iemand wat reeds 'n eie besigheid begin het en wat in staat sal wees om jou leiding te gee en veral in die eerste paar fases te help, ook wanneer jy nuwe mense aan die geleentheid wil bekendstel.
Stap 2.
Sportron sorg dat jy dit alles elke dag inkry.
Jy doen dit deur tussen R300 en R400 se produkte vir jouself aan te koop. (Vir deur-tot-deur koerieraflewering voeg 'n ekstra R65 by)
( Klik hier om besonderhede te sien van die verskeidenheid produkte waaruit jy kan kies.)
Die "oopmaak van die deure" moet een keer elke maand plaasvind as jy in besigheid wil bly en inkomste wil verdien. Met ander woorde jy koop en gebruik jou eie produkte op 'n maandelikse basis.
As jy werklik jou eie besigheid se produkte gebruik - ook huishoudelike en ander produkte wat jy nou nog elders by iemand anders se besigheid koop - sal jy ellke maand speel-speel R400 opmaak. Lees meer oor hoe jy sonder enige ekstra koste jou eie Sportronbesigheid kan bekostig.
: Re: Ses maklike stappe na sukses.
: Africa 20, 2020, 05:56
Stap 3.
Elke mens se sukses begin by 'n netwerk.
Soos jy in die daaglikse verloop van die lewe met vriende en kennisse gesels (en mense wat jy daagliks op jou pad teenkom) sal jy geleenthede vind om vir hulle die voordele te noem wat jou besigheids-geleentheid vir hulle kan aanbied. (Lees meer oor dié aspek van Sosiale Netwerk)
Die "regte mense" vir 'n vennootskap met jou sal hulleself identifiseer. Jy hoef niemand te oortuig nie , want jy is 'n soeker (lees meer) na die regte mense om met jou vennootskappe te sluit om vir hulleself 'n eie besigheid te bou.
Stap 4 Die Duplikasie-fase.
Wanneer jy iemand gevind het wat soos jy 'n besigheid wil bou en dieselfde soort inkomste as jy wil verdien, en jy het dié persoon geregistreer ( stap 1 ) en hy het sy produkte gekoop ( stap 2 ) betaal jou besigheid jou R60 of meer vir die werk.
Maar nou, as deel van stap 3 , moet jy dié nuwe vennoot van jou leer hoe om sy eerste eie vennoot deur stappe 1 to 3 te lei (met ander woorde hy moet leer hoe om sy eerste vennoot te vind en te registreer, sy eie produkte te koop en te gebruik, en dan hoe hy op sy beurt ander moet vind wat dieselfde as hy wil doen).
Jy is nou in 'n leierskapsrol waarvoor jou besigheid jou heelwat meer vergoed. So, elke keer as jou persoonlik geregistreerde vennoot een van sy eie nuwe vennote tegistreer kan jy enige iets tussen R100 en R150 as vergoeding ontvang vir die leiding en hulp wat jy gegee het.
Maar daar is 'n tydsbeperking: Jy kan dié ekstra R100 aktiewe inkomste net verdien as die duplikasie plaasgevind het binne die eerste twee volle maande van jou nuwe vennoot se lewe as 'n Sportron-besigheidseienaar.
(Onthou net om jou eie produkte vir die maand te koop en te gebruik anders sal jy geen inkomste verdien nie.)
So, stap 4 is om jou nuwe vennoot te leer en by te staan sodat hy of sy in hulle eerste twee volle maande soveel moontlik van hulle eie vennote registreer. Met ander woorde hy of sy moet stappe 1 tot 3 so dikwels moontlik in daardie eerste twee maande herhaal met hulle nuwe vennote.
Deur dit te doen sal jy jou vennoot vinnig aan die gang laat kom en hom of haar gouer onafhanklik van jou maak. En jy sal in die proses jou eie inkomste dramaties vergroot het sonder dat jy enigsins harder of langer ure hoef te werk.
: Re: Ses maklike stappe na sukses.
: Africa 20, 2020, 05:56
Stap 5.
Duplisering is jou en jou vennote se sleutel tot sukses.
In die 5 de stap is dit waar jy 'n ware leier en mentor word vir jou nuwe vennoot.
Jy het hom of haar nou geleer hoe om stap 1 tot 4 te dupliseer met 'n nuwe vennoot, dalk 'n hele paar nuwe vennote.
Dis die eerste fase van die dupliseringsproses. En jou werk om jou nuwe vennoot goed toegerus te kry is nou amper afgehandel - maar wat dalk die belangrikste deel is, kom nou eers.
Dit beteken dat jou eie vennoot, Sanet, nou reeds haar eerste eie vennoot, Marie, geleer het hoe om te registreer en haar eie produkte te koop en te gebruik en hoe om dan self 'n eie vennoot, Jan, te werf en te registreer en te wys hoe om sy produkte te koop en te gebruik.
Maar die belangrikste is nou dat Sanet moet sorg dat Marie presies weet hoe om vir Jan te wys hoe hy stappe 1 tot 4 met sy eerste eie vennoot moet voltooi.
Dit is eintlik die kruks van die hele proses: eers wanneer jy vir Sanet opgelei het om vir Marie te leer hoe sy vir Jan moet oplei in die dupliseringsproses is jou werk afgehandel . Eers dan het jy die volle drie-vlak duplikasie-siklus voltooi wat met Sanet begin het.
En Sanet gaan haar eie drie-vlak siklus hê, nes Marie en Jan, en Jan se eie eerste vennoot en so al verder.
Die dupliseringsproses is die brandstof wat die groeiproses in jou besigheid (en in jou vennote se besighede) aan die gang hou.
Die drie-vlak siklus moet elke keer voltooi word. Daarsonder is volgehoue groei onmoontlik.
Onthou net dat party mense, dalk die meerderheid, net wil registreer om hulle produkte teen die beste prys (die 23% afslagprys) te kan kry. Daar is absoluut niks mee verkeerd nie!
Dié produkvennote mag een of ander tyd begin belangstel in die besigheid. Eers dan gaan hulle leer van die potensiaal van die duplikasieproses.
Dis hoekom dit so belangrik is dat jy heel aan die begin uitving HOEKOM jou nuwe vennoot geregistreer het en wat hy of sy hoop om te bereik. Sonder dié kennis kan jy die persoon nie help nie.
: Re: Ses maklike stappe na sukses.
: Africa 20, 2020, 05:56
Stap 6.
Vind 'n nuwe vennoot soos beskryf in stap 3 en dupliseer stappe 1 tot 5 ook met dié vennoot.
Vanselfsprekend herhaal jy nou dieselfde proses oor en oor soos jou besigheid eksponensieel begin groei, want dis nou nie net meer jy wat die proses alleen dupliseer nie.
Die eksponensiële krag van netwerke.
Hoe meer vennote jy elke maand help om hulle eie besighede te begin, hoe vinniger groei die dividende wat jy elke maand ontvang - en dit bepaal hoe gou jou herhalende ("passiewe") inkomste betekenisvol begin raak (lees meer).
Dié herhalende inkomste sal mettertyd jou hoofinkomste word van enige iets tussen R5000 en R50 000 per maand, as jy die dupliseringsproses volhoubaar aan die gang kry.
Die reuse-inkomste kom op die ou end nie van wat jy elke maand doen nie, die "aktiewe" inkomste nie, maar hoofsaaklik van die talle klein bedraggies wat jy elke maand verdien (as die deure van jou besigheid oop is).
Dié klein bedraggies word gebaseer op die aankope van elke vennoot in jou besigheid (en per definisie in elk van jou vennote se besighede ook) solank die deure van julle besighede oop is.
Jy (en jou vennote, en al hulle vennote) word letterlik elke maand betaal vir werk wat julle dalk reeds 6 maande gelede gedoen het, of 6 jaar gelede. Dis hoekom dit herhalende inkomste genoem word.