forex.wf forex forum binary options trade - African - Forex MACD (bewegende gemiddelde konvergensiedivergensie)
  • Welcome to forex.wf forex forum binary options trade. Please login or sign up.
 

Forex MACD (bewegende gemiddelde konvergensiedivergensie)

Started by Africa, Apr 20, 2020, 05:50 am

Previous topic - Next topic

Africa

Forex MACD (bewegende gemiddelde konvergensiedivergensie)
Toe begin ek dink en vra bietjie rond en kom met 'n paar idees te voorskyn om die bal aan die rol te sit.
Wat jy ookal besluit om te doen, hier is 'n paar goue rлels:
- wees eerlik en hou jou woord, as jy sк jy gaan iemand terug bel by 'n spesifieke tyd, doen dit voor daardie tyd.
- volg altyd op, vind uit of die diens wat jy gelewer het op standaard was. Maak reg waar jy fouteer het op jou onkoste.
- gaan die ekstra myl. Wat jy ookal doen, sit daardie ekstra bietjie by, dit maak wat jy doen net soveel beter as 'n ander persoon wat dieselfde diens verrig.
Soek na 'n diens wat nie in jou omgewing verrig word nie, of as so 'n diens wel verrig word, vind maniere om dit beter, vinniger, goedkoper te verrig.
Jy gaan nie oornag ryk word nie maar talle suksesvolle besighede het klein begin!
Hier is die idees wat ek alreeds het, as jy iets kan byvoeg, doen dit gerus, dalk help ons net iemand om weer op die been te kom. Julle kan vir my ePos stuur met enige voorstelle.
Besit jy dalk 'n webwerf wat redelik besoeke kry? Dan kan jy 'n inkomste uit jou webwerf maak deur oorsese Lotto kaartjies te adverteer en te verkoop. Die kommissie wat jy maak is heek goed! ePos my vir meer besonderhede Almal moet eet. Baie mense het nie die tyd om daagliks toebroodjies te maak nie en gaan koop ten duurste by hulle werk se kafeteria middagete. By ons werk het 'n dame daagliks etenstyd by ons werk opgedaag met die heerlikste vars toebroodjies. Haar pryse was billik en sy het elke dag verskillende toebroodjies gehad. Op nat koue dae het sy pannekoek gehad en somtyds ook sop.
Hier is wat jy doen. Vra by kenisse wat hulle by hulle werk vir middagete geniet. Bied aan om dit beter en goedkoper te voorsien. Neem 'n paar voorbeelde en oortuig hulle Jy kan jou pryse billik hou en tog 'n wins maak. As hulle daarvan hou is jy in en kan jy dan daagliks aan hulle toebroodjies voorsien. neem 'n meningspeoling en vra wat hulle sou verkies vir afwisseling. Probeer vetkoek met verskillende vulsels, gebruik jou verbeelding! Vir verjaarsdae kan jy koek voorsien en vir hulle partytjies versnaperings. Vir die wat dit so verkies kan jy pap en sous voorsien. Jy kan dan die firma as verwysing gebruik om uit te brei na 'n volgende firma en so aan. Meeste mense besit deesdae rekenaars. Dit gee my 'n groot kramp as daar iets verkeerd gaan met my komper en ek moet alles uitprop, dit in die motor laai en na die plaaslike komperwinkel neem. As my komper breek wil ek dit in my huis en nog dieselfde dag reggemaak hк!

Africa



Hier is jou kans as jy in staat is om kompers te herstel. Werk van jou huis, adverteer plaaslik en bied aan om na jou kliлnt se huis te gaan en die werk daar te doen of dit daar af te haal en terug te besorg! Ek sal vir seker so iemand ondersteun! Jy is 'n gekwalifiseerde haarkapster en sit by die huis. Weet jy hoeveel oumense sit in ouetehuise of by hulle huise en kan nie by winkels uitkom om hulle hare te gaan sny of "perm" nie? Al het jy geen kwalifikasie nie, gaan was hulle hare en doen algemene versorging. Hulle sal dit vreeslik waardeer! Neem die wat nie meer kan bestuur nie winkels toe, daar is vele sulke geleenthede. Hier is jou kans, besoek die plaaslike ouetehuise en doen jou ding daar by hulle. Jy hoef natuurlik nie te stop by ouetehuise nie, die plaaslike kerke weet van lidmate wat oud is en nie meer kan rondry nie, nog meer kliлnte! Baie mense sit met hope langspeelplate wat hulle nie meer na kan luister nie omdat mens nie meer platespelers te koop kan kry nie. As jy 'n komper het is dit redelik maklik om plate om te sit op CD's. Adverteer plaaslik en dan in naburige dorpe, ek sien gereeld advertensies van mense wat wil weet hoe om hulle ou plate op CD te sit. Hier is iets lekkers! Die rлel van partytjies! Baie ma's het vandag net nie die tyd om kinderpartytjies te rлel nie. Bied die diens in jou omgewing aan. Sorg dat jy alles doen, die ma en haar kind en die gaste moet net opdaag en hulleself geniet. En dan natuurlik betaal ook! Gebruik jou verbeelding, ek is seker jy sal 'n sukses daarvan maak. Adverteer plaaslik en as jy goed is sal "word of mouth" die res vir jou doen, sommer gou sal jy hulp moet kry en jou besigheid sal begin uitbrei. Dit hoef natuurlik nie by kinderpartyties op te hou nie, gebruik jou verbeelding! Met misdaad wat deesdae hoogty vier is dit altyd 'n bekommernis as mense met vakansie weggaan. Diere moet kosgegee word, plante moet natgemaak word, pos moet uit die posbus gehaal word. Bied hierdie diens in jou omgewing aan. Ek wens ek kan 'n betroubare persoon kry om ons honde kos te gee en van ons plante nat te maak as ons met vakansie of selfs net vir 'n naweek weggaan! Bou vir jou gereelde klandisie op en as jy betroubaar is sal hulle vir jou adverteer. Adverteer ook om na diere om te sien by jou plaaslike veearts. Baie mense sit met ou fotos van geliefdes wat met die tyd gevou of gekrap geraak het. As jy 'n komper en die regte sagteware het kan jy die fotos so goed soos nuut herstel, bied sommer aan om dit vir hulle te raam ook! As jy in 'n vakansiedorp woon is daar ook geleenthede. Baie mense het vakansiehuise en as hulle na 'n lang reis arriveer wil hulle nie nog gaan kruideniersware koop, die yskas en vrieskas aansit en die bier laat koud word nie. Hier is 'n geleentheid vir iemand om so 'n diens te verrig, gaan gesels met die mense as hulle weer daar vakansie hou, asook met ander families wat ook met vakansie is. Baie huise word verhuur en dieselfde diens sal nodig wees wanneer die vakansiegangers arriveer! Oorweeg 'n stalletjie by jou plaaslike vlooimark. Hier in ons omgewing is hulle net naweke en vakansiedae oop so dit neem nie al jou tyd in beslag nie nie. Op jou "af" dae kan jy voorraad vervaardig!

Africa

 As jy handig is met iets soos houtwerk, klere maak of enigiets interessant kan maak is daar geleentheid. Ek het by die Waterfront in Kaapstad 'n ou gesien wat papier doilies lamineer en hulle dan vir 10 keer hulle oorspronklike prys verkoop! So lyk dit fantasties op 'n skinkbord en kan oor en oor gebruik word. Al wat dit verg is 'n bietjie verbeelding! Een van ons kerk se omgeegroepe het op 'n Saterdagoggend op 'n lлe erf worsbroodjies verkoop en net vir die oggend R1600 wins gemaak. Ek is nie seker of mens moet toestemming daarvoor kry nie, maar ek plaas dit hier as 'n idee! Een van die plaaslike supermarke verkoop ook elke Saterdag oggend worsrolletjies op hulle stoep en dit het al 'n instelling geword om daar te gaan koop, wie wil tog kosmaak op 'n Saterdag? Op pad Hartebeespoortdam toe by Lanseria veby is daar 'n stalletjie, Pete's Boerewors Rolls, en ek sien altyd motors wat daar stilhou. Ek sien hy brei nou uit want 'n paar kilometers verder het hy nou al 'n tweede stalletjie. Een ding is seker, in kos is daar geld! Nog op die onderwerp van kos, ek sien in die industriлele gebied naby ons is daar 'n paar mense wat uit omgeboude ou karavane middagete aan die fabriekswerkers voorsien. Hulle moet 'n klein fortuintjie maak! As jy sweisapparaat het en handig is daarmee is daar ook geleenthede. Ek soek die ander dag vir iets waarop ek die tuinslang kan oprol. Die supermarkte vra 'n klein fortuin daarvoor en ek koop toe 'n heel werkbare een langs die pad vir R60. Dis nou tuinmaak seisoen en so iets sal in aanvraag wees. Ons het van hierdie waterspuite wat jy aan die tuinslang skroef, dit lк dan op die gras en spuit. Ons wou dit van 'n hoogte af laat spuit en my swaer maak toe 'n eenvoudige staander wat jy in die gras indruk en die spuit gly bo op in 'n gleuf in. Siedaar, probleem opgelos.Hierdie en soortgelyke item is ideaal om op 'n vlooimark te verkoop. Daar is 'n dame in ons kerk wat vreeslik lekker koeke, beskuit en beskuitjies bak. Sy adverteer nie en almal weet hoe om met haar in verbinding te tree as hulle iets spesiaals wil hк. Jy bel haar net en plaas 'n bestelling en in 'n dag of twee gaan haal jy dit af. Begin om koeke vir julle kermis se koektafel te bak, maak seker jou naam en foonnommer is beskikbaar en as hulle daarvan hou sal die mense jou begin kontak. As jy goed is kan jy ook vir die plaaslike tuisnywerheid bak, maar jou wins is dan minder. Ek kry 'n advertensie in my posbus van mense wat op weeksdae 'n maaltyd by jou huis kom aflewer. Die koste is R19.99 per bord en die verskeidenheid is groot, van bobotie tot skaapnek potjie. Elke maaltyd het ook groente by. Ideaal vir werkende mense wat nie tyd het vir koskook nie.Jy kry 'n maand se spyskaart vooruit si jy weet wat jy gaan kry. Ek dink so iets kan in groot dorpe of stedelike gebiede werk. Met meeste van die idees hierbo kan jy met amper geen kapitale uitleg begin en tog stadig opbou na 'n bestendige en winsgewende tuisbesigheid. As julle nog idees het, laat my weet en ek plaas dit hier. Die volgende is van Danie se Eg Afrikaans nuusbrief:

Africa

Enige Suid-Afrikaner wat werk soek, kan Solidariteit kontak by telefoonnommer 012 643 8500, vra vir Netmark en gesels met hulle, of alternatiewelik kan persone sommer direk hulle CV's deurfaks na 012 663 1929. Waar dit hoegenaamd moontlik is, gaan hulle jou help om 'n werk te kry. Hier is nog idees uit Dr. S T Potgieter se nuusbrief:
Veelvoudige strome van inkomste.
Ons het die afgelope paar weke heelwat gesels oor finansiлle aspekte soos spaar, skulddelging, die maak van korrekte besluite, jou begroting, beplanning en so meer. In hierdie artikel wil ek my aandag toespits op 'n ekstra inkomste. Soveel mense met wie ek die afgelopte tyd gesels en van wie ek terugvoer gekry het, vertel dat hul inkomste net eenvoudig nie meer hul uitgawes kan dra nie. Ja, dit is dan belangrik om te kyk na aspekte soos om spaarsamig te lewe en 'n persoonlike begroting op te stel. Maar dit is ook vir baie mense net so belangrik om te kyk na 'n ekstra inkomste.
Daar is 'n spreekwoord wat sк dat 'n mens nie al jou eiers in een mandjie moet sit nie. Wanneer die een mandjie iets oorkom is al jou eiers daarmee heen. Met jou eiers egter in 'n paar mandjies en een mandjie kom iets oor, is daar nog altyd ander mandjies met eiers in. Dit is dieselfde met veelvoudige strome van inkomste. Raak een stroom verstop of droog op, dan is daar nog altyd ander strome wat vir jou inkomste bring.
Byvoorbeeld 'n man het 'n wonderlike werk, maar word in die huidige ekonomiese klimaat oortollig verklaar. Indien so 'n man nie 'n ander werk kry nie is hy in die finansiлle moeilikheid indien hy nie oor 'n ander stroom van inkomste beskik nie.
Mense wat op 'n vryskut- of kontrakbasis werk kan in groot finansiлle verknorsings beland indien hulle net op een groot kontrak staatmaak. Word daardie kontrak beлindig, droog die stroom van inkomste op.

Africa

Jou gesondheid pak op, jy kry een of ander ernstige siekte sodat jy werklik nie meer kan werk nie. Het jy voorsiening gemaak vir 'n passiewe inkomste?
Wanneer lewenskostes hoлr raak en mense kan nie meer hul verpligtinge nakom nie, gryp baie mense na hul kredietkaarte of ander tipe lenings as 'n oplossing. Gewoonlik is dit 'n duur (baie duur!) manier, want uiteindelik moet jy die skuld plus rente betaal. Hoekom wag jy nie eerder met dit wat jy wil koop nie, skep intussen vir jou 'n ekstra bron van inkomste en betaal dan kontant vir dit wat jy wil hк!? Jy gaan soveel meer in beheer van jou geldsake wees en nie soos der duisende mense net werk om die grootste gedeelte van hul inkomste te bestee om skuld te delg nie.
Daar is letterlik duisende maniere om ekstra bronne van inkomste te genereer. Dit is egter nie altyd so maklik nie, en jy moet goed die verskillende opsies deurkyk, ondersoek en kundige advies inwin. Lesers kan gerus vir my idees aanstuur vir ekstra inkomste of vir veelvoudige strome van inkomste.
Ek noem slegs 'n paar moontlikhede, want dit gaan nie hier oor die detail en die presiese soort meerstromige inkomste nie, maar eerder oor jou wat met ander oл en 'n nuwe gesindheid na moontlikhede en opsies rondom jou moet kyk:
1. Huurinkomste Omskep die buitekamer en pakstoor of garage in 'n woonstel. Kry 'n loseerder in en skep so 'n ekstra passiewe inkomste.
2. Beleggings en aandele Gebruik jou spaargeld of ekstra geld (soos van jou huurinkomste) om 'n belegging te doen wat vir jou ekstra geld voorsien in die vorm van dividende of rente.
3. Skep 'n produk Jy het sekere talente wat jy kan inspan om 'n sekere produk te skep. Jy kan dalk terte en koeksisters bak, of sjokolade vervaardig, 'n boek skryf, of 'n musiek CD maak. Dalk is jy 'n ekspert in die plant van groente en nou maak jy 'n DVD oor die ABC van groentetuine. Ontleed jou vaardigheide, kennis, belangstelling en talente en omskep dit in 'n produk of diens wat jy kan verkoop. Dit is iets wat jy deeltyds kan doen. Groot besighede het al so by huise en in motorhuise ontstaan - wie weet, dalk is jy volgende!
4. Multivlak bemarking Dis 'n uitstekende manier om binne 'n sisteem (en op 'n deeltydse basis) sommer 'n goeie besigheid op te bou. Die voordeel is dat jy baie ondersteuning, aanmoediging en ekspert leiding kry wat om te doen. In hierdie tipe besigheid hoef jy nie die wiel te herontdek nie - alles is reeds in plek. En baie mense maak werklik baie geld hiermee en skep vir hulself 'n groot passiewe inkomste vir die res van hulle lewe. [Iindien jy hierin belangstel en in die Kaap-omgewing bly, kontak my en ons kan 'n afspraak maak en ek sal jou meer inligting gee oor hoe ek dit doen. Dan kan ons dalk lekker in 'n span saamwerk - hoe is dit nou vir 'n great idee!]

Africa

5. Gee klas Veral in groter plekke is daar vele kolleges, opleidingsinstansies en selfs skole wat dosente in een op ander vak soek. Jy kan dalk op 'n na-uurse en deeltydse basis klas gee in 'n vakgebied waarin jy goed is. So het ek 'n paar jaar gelede op Saterdae klas by 'n kollege gegee en daarmee 'n paar broodnodige ekstra rande verdien.
6. Gebruik die internet Hieroor wil ek nie veel sк nie, want ek dink die internet self gee letterlik honderde maniere en beloftes van rykword deur middel van die internet. So jy kan op die internet na moontlikhede gaan kyk. Pas egter op om nie al die wonderlike beloftes sondermeer te glo en jou geld te verloor nie, want baie van die internet beloftes en inligting kan jy eers kry nadat jy 'n betaling gedoen het. Vele mense wat met duisende sterre in hul oл oor die miljoene wat hul gaan maak, het 'n paar maande later (en met 'n baie rande minder) nie meer so opgewonde geklink oor al die beloftes nie. Ek glo daar daar is uitstekende moontlikhede, maar wees asseblief versigtig om nie vir al wat 'n "scheme" is, te val nie.
7. Konsulteer Konsulteer van jou huis af. Rig 'n kantoor (of jou sitkamer) in en sien mense daar vir wie jy as konsultant optree oor enigiets waarin jy vaardig is. Jy kan mense leer hoe om tuisgemaakte kaartjies te maak, hoe om troukoeke te maak, hoe om finansiлle beplanning te doen, hoe om geld uit eiendom te maak, opleiding met rekenaarprogramme ens ens.
8. Eiendom: verhurings Jy kan vanuit jou huis 'n eiendom verhurings besigheid begin. Begin deur huurhuise en -woonstelle in jou omgewing te lys en dit in die plaaslike koerant te adverteer. Kry huurders in die huise, stel die kontrak op en vorder die huurgeld in. Met slegs 'n paar huise in jou portefeulje kan jy reeds 'n handige inkomste verdien. Onthou om kers op te steek by mense wat dit reeds doen en sorg asseblief dat jy aan al die regsaspekte voldoen.
9. Ander produkte: verhurings Doen 'n bietjie navorsing - wat benodig mense wat hulle graag sal wil huur. Dalk 'n paar langerig opvoutafels vir wanneer hulle 'n funksie aanbied. Wat van messegoed, tafeldoeke, servette, kandelare vir mense, verenigings, sportklubs wat 'n konferensie wil aanbied. Doen ondersoek wat in jou omgewing sal werk, gesels met mense en kyk na moontlikhede.

Africa

10. Huisbesigheid Miskien oorvleuel dit met wat ek reeds gesк het, maar vanuit jou huis kan jy 'n goeie besigheid bedryf. Jy kan 'n klankstudio inrig by jou huis waar jy opnames doen vir CD's en DVD's - 'n paar jaar terug was dit tegnologies baie moeiliker om te doen. Jy kan jou garage inrig waar jy meubels (en antieke meusbels) herstel en verkoop. Jy kan dalk boktiek aandrokke of trourokke maak. Maak net seker wat jou munisipaliteit se regulasies hieroor sк. Menige groot besigheid het as 'n tuisnywerheid begin.
Jy weet nie met duidelike sekerheid wat jou toekoms inhou nie. Ons het nie 'n kristalbal om vooruit te sien nie. Daarom kom afdankings, skommelings in maatskappye, likwidasies, beлindigde kontrakte, negatiewe marktendense, ekonomiese insinkings, siekte en rampspoed, ongelukke soms as 'n groot skok. En jy as individu word so geaffekteer deur al hierdie veranderinge - waaroor jy meesal geen beheer het nie - dat jy emosioneel en finansieлl uitgemergel voel. Jou geldkraantjie droog op en jy raak paniekgevange en weet nie waarheen nie, want jy het nie voorsiening gemaak vir 'n moontlike gebeurtenis wat alles holderstebolder omkeer nie.
Maar wanneer jy veelvoudige strome van inkomste het, kan een stroom opdroog en kry jy steeds inkomste uit jou ander bronne. Een mandjie met eiers kan verwoes word, maar in die ander mandjies is steeds eiers tot jou beskikking.
Die huidige tyd en ekonomiese klimaat vra 'n objektiewe en nugtere kyk na jou omstandighede. Die toekoms vra beplanning. Meervoudige strome van inkomste skep meer gemoedsrus vir die onsekere tye en teлspoed wat mag voorkom. Dit hoef ook nie net een ekstra stroom van inkomste te wees nie, maar jy kan vier of vyf strome van inkomste hк. Jy het 'n keuse om te maak.